Share
Boeke Program - Carina Stander - Die Waterplek

When

Fri, 2 May 2025    
10:30 - 11:30

Where

NG Gemeente Jeffreysbaai - Da Gama kampus
6 Uys St, Jeffreys Bay, Eastern Cape, 6330, Kouga

Event Category & Tags

Loading Map....

Die Waterplek: Gabriëllië (2024) is die vierde en laaste boek in die reeks deur Carina Stander. Dit volg op Die Bergengel (2017) Die Wonderwese (2019) en Die Waterplek: Afrika (2022). In die slotroman loop die moed hoog wanneer die twintigjarige Eron Verberger en sy pa, Gibor, saam met ‘n skip terugkerende vlugtelinge vanaf die toevlugshawe in Afrika na hul vaderland, Gabriëllië, vaar. As honderdste Bergengel is Eron ‘n visionêre versetleier en gewilde intellektuele rebel, maar hy word tot die uiterste getoets wanneer dit blyk dat die ou voorspellings oor die Uitdooftyd waar word: Die landsleiers word oorrompel deur iets boosaardiger as hulself, ‘n oeroue mag wat dreig om slawedrywer én slaaf te verslind. Die tyd is ryp vir die Bergengel om sy waaragtige kleure en sienkrag uit te leef.

Share
Scroll to Top