Share
Boeke Program - Louise Viljoen - Toevlug

When

Thu, 1 May 2025    
14:00 - 15:00

Where

NG Gemeente Jeffreysbaai - Da Gama kampus
6 Uys St, Jeffreys Bay, Eastern Cape, 6330, Kouga

Event Category & Tags

Loading Map....

Tydens ’n staatsgreep in die Kongo val ’n ekstremis en sy handlangers ’n sendingstasie aan met gruwelike gevolge. Een van die oorlewendes vlug vir haar lewe – deur die reënwoud, teen die kuslyn af, tot die paaie haar terug lei na Suid Afrika. Petro beland by Toevlug – ’n skuilplek vir randfigure soos sy met haar seer, ontnugterde hart. Daar ontmoet sy vir Riaan, ’n dominee wat hom oor haar ontferm, maar Petro wil niks weet van ’n God wat toegelaat het dat sy aan soveel genadelose geweld en hartverskeurende verlies blootgestel is nie. In haar jongste roman Toevlug vra die taalpraktisyn, manuskripontwikkelaar, vertaler, en boekresensent, Louise Viljoen, of blote geloof vertroosting kan bied en diepgeëtste hartwonde weer gesond maak. En wat maak ’n mens met die letsels op jou hart wanneer oorbegin jou roep? Die Jeffreysbaaise skrywer is ook die outeur van die praktiese gids Gesinstyd met God.

Share
Scroll to Top