
Chris Chameleon, one of South Africa’s most beloved artists, will celebrate the 20th anniversary of his groundbreaking album Ek Herhaal Jou in 2025. This iconic album, which honored Ingrid Jonker’s poetry with moving compositions and touching melodies, irreversibly changed the Afrikaans music industry and became one of the country’s most significant cultural moments.
The album received widespread recognition in South Africa, as well as in the Netherlands and Belgium, earning accolades from the South African Academy for Science and Arts, the Federation for Afrikaans Culture, and various national and regional awards. It was also named one of the ten most important albums of the first decade of this century by Die Beeld, Die Volksblad, and Die Burger.
In tribute to Jonker and her timeless work, Chris has decided to mark this special anniversary with the concert series Ek Herhaal Jou Weer. Through his unique storytelling, Chameleon will take audiences back to the beginning of 2005, when nearly every aspect of his life collapsed, sharing the life drama from which this album emerged—both with laughter and tears. The program will also include “the compositions that didn’t make it onto the album”—a surprise collection of previously unheard musical settings.
“I want to call Ingrid from the sea once more and relive our most beautiful moments,” he says.
In April 2025, Chris Chameleon will embark on a journey to the Cape and the Garden Route to share this celebration of music and poetry with audiences. Come and be part of this magical experience!
Chris Chameleon will take you back to the heart of his music, the magic of Ingrid Jonker’s words, and some of the most unforgettable moments in South Africa’s musical history.
[AFRIKAANS]
Chris Chameleon, een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, vier in 2025 die 20ste herdenking van sy grensverskuiwende album, Ek Herhaal Jou. Hierdie ikoniese album, wat Ingrid Jonker se poësie met aangrypende toonsettings en roerende melodiëe vereer het, het die Afrikaanse musiekbedryf onherroeplik verander en het een van die land se mees beduidende kulturele momente geword.
Die album is wyd erken in Suid Afrika, sowel as Nederland en Belgie, met erkenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Federasie vir Afrikaanse Kultuur, verskeie nasionale en streekstoekennings en is ook deur Die Beeld, Die Volksblad en Die Burger uitgeroep tot een van die tien belangrikste albums van die eerste dekade van hierdie eeu.
In sy eerbetoon aan Jonker en haar tydlose werk, het Chris besluit om hierdie spesiale herdenking te vier met die konsertreeks Ek Herhaal Jou Weer.Chameleon sal met sy besondere vertelkuns gehore terugneem na die begin van 2005, toe byna alle aspekte van sy lewe in duie gestort het en die lewensdrama waaruit hierdie album ontstaan het met ‘n skaterlag betraan uitlê. Die program sluit ook in “die toonsettings wat nie die album gehaal het nie” – ‘n verrassingsfees van toonsettings wat nog nooit vantevore gehoor nie.
“Ek wil vir Ingrid weer uitdie see roep en ons mooiste oomblikke herleef,” sê hy.
Chris Chameleon sal in April 2025 ‘n reis na die Kaap en die Tuinroete onderneem om hierdie viering van musiek en poësie met gehore te deel. Kom en wees deel van die magiese ervaring!
Chris Chameleon sal jou terugneem na die hart van sy musiek, die magie van Ingrid Jonker se woorde en van die mees onvergeetlike oomblikke wat Suid-Afrika se musiekgeskiedenis.