
Loading Map....
Ná ’n mislukte selfmoordpoging en tyd in ’n psigiatriese kliniek, laai Helena haar motor met een tas en familie-items wat sy bymekaargemaak het – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog.
Sy begin haar tragikomiese reis regoor die land om haar versameling te versprei en haar laaste totsiens aan mense te sê. Humor is haar wapenrusting terwyl sy die wanhoop ignoreer, vreesloos vorentoe beweeg, vry en op die oog af sonder omgee.
*Routrip* is gegrond op ware gebeure en is genomineer vir ‘n Woordtrofee vir Beste prestasie in ‘n Solo Show by Toyota US Woordfees in 2023.